Pandemie moeilike tyd vir kerke

Met die nuwe Covid-regulasies waar sosiale byeenkomste van 100 na 50 mense verminder is, is dit ‘n moeilike tyd vir kerke, sê ds. Zack Pienaar van die NG-gemeente Eros in Windhoek. Hy sê mense sal moeilik reageer om te weet hulle moet terugkeer na slegs 50 mense toe in kerke, maar die veiligheid van mense is belangrik. Hy meen die plek wat die beste weet wat die impak van die pandemie op mense het, is die kerk. Pienaar het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.