Pandemie het 156 miljoen kinders uit skool gehou

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres sê die wêreld is in die middel van ‘n opvoedingskrisis. Volgens hom, is daar 156 miljoen skoolkinders wat internasionaal steeds nie kan terugkeer skool toe nie omdat skole nog gesluit is. Hy voeg by dat 25 miljoen leerders verlore sal gaan regoor die wêreld. Verlede jaar het die Namibiese onderwysministerie ook net meer as 3 000 leerders bevestig wat nooit teruggekeer het nie. Guterres sê ‘n doeltreffende herstel van die pandemie gaan beleggings in onderwysers benodig sowel as die daarstelling van digitale onderrig en stelsels.