Paltrow onskuldig bevind in ski-ongeluk, ontvang US$1 in skadevergoeding

Gwyneth Paltrow is nie aanspreeklik vir ‘n ski-ongeluk wat in 2016 by ‘n Utah ski-oord plaasgevind het nie. ‘n Oogkundige, Terry Sanderson, 76, het beweer dat ‘n ongeluk met die ster hom met vier gebreekte ribbes en blywende sielkundige skade gelaat het. Hy het haar vir 300 000 Amerikaanse dollar gedagvaar. Paltrow het die eis teengestaan en 1 Amerikaanse dollar in skadevergoeding gevra. Die jurie het bevind sy het nie die ongeluk veroorsaak nie. Saunderson sal haar regskostes, wat honderde duisende dollar kan beloop, moet betaal.