Palestina-situasie verg lasbriewe: SA kabinet

Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die Internasionale Strafhof se kantoor gaan voort om sy voete te sleep ondanks die erns van die situasie in Palestina sedert 2021. Ntshavheni het ‘n nuuskonferensie gehou oor die uitkomste van Donderdag se kabinetsvergadering. Sy sê noudat ander staatspartye ook hul stemme bygevoeg het vir ‘n einde aan Israel se straffeloosheid en met die aansienlike vlakke van beskikbare bewyse, verwag die kabinet dat internasionale lasbriewe vir inhegtenisneming uitgereik sal word teen die tyd dat die konferensie van partye middel Desember in New York vergader.