Pakistani in hof oor ontvoering van 10 buitelandse burgers

Die vermeende baasbrein in die ontvoering van tien buitelandse burgers in Polokwane, Limpopo, verskyn Donderdag weer in die plaaslike landdroshof. ‘n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê die 39-jarige Pakistanse burger Dilpazeer Azam is in Tshwane in hegtenis geneem. Netshiunda sê ondersoeke het aan die lig gebring hy het die slagoffers se families gekontak en lospryse geëis.