Pakistan voer aanvalle in Iran uit

Pakistan het ‘n reeks militêre aanvalle teen militante in Iran uitgevoer, met drie vroue en vier kinders wat volgens berigte dood is. Die aanvalle was glo uit weerwraak vir Dinsdag se aanvalle deur Teheran, waartydens ‘n Soennitiese separatistiese militante groep binne Pakistan se grense geteiken is. Twee mense is in die aanval dood. Pakistan se buitelandse sake-ministerie sê hy respekteer Iran se soewereiniteit en gebiedsintegriteit ten volle, maar is vasberade om sy nasionale veiligheid sonder huiwering teen alle bedreigings te beskerm en te verdedig.