Pakistan draf Nederland kaf by Eendag Wêreldbeker

Krieket: Pakistan het hulle Eendag Wêreldbekerveldtog afgeskop met ‘n gemaklike 81-lopie oorwinning oor Nederland in Hyderabad, Indië, ondanks ‘n indrukwekkende vertoning deur die veelsydige Hollander Bas de Leede. Die kampioene van 1992 is uitgeboul vir 286 in 49 beurte, voor hulle hul teenstanders uitgehaal het vir 205 in 41 beurte. Pakistan het te doen gekry met sterk weerstand deur De Leede, wat vier paaltjies vir 62 lopies geneem het en toe 68 lopies van 67 balle af geslaan het, wat twee sesse en ses viere ingesluit het. In vandag se wedstryde kom Suid-Afrika om half-elf te staan teen Sri Lanka in hulle eerste wedstryd van die toernooi, terwyl Bangladesj en Afghanistan op die oomblik kragte meet.