Pakistan: Dis ‘n moesson op steroïede

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die mense van Pakistan beleef ‘n moesson op steroïede. Die kitsvloede het tot dusver minstens 1 136 lewens geëis. Vanjaar se rekord-moesson word vergelyk met die verwoestende oorstromings in 2010 wat die dodelikste in Pakistan se geskiedenis was en waarin meer as 2 000 mense dood is. Guterres sê Suid-Asië is ‘n klimaatskrisis-brandpunt waar die gevaar om aan klimaatsoorsake te sterf, 15 keer groter is: