Padwedlope: Gerda Steyn jaag Comrades-rekord

Padwedlope: Die wêreld se oudste ultra-marathon, die Comrades, vind weer Sondag plaas. Die 96ste aanbieding van hierdie beroemde wedloop is afdraand oor 87,7 kilometer vanaf Pietermaritzburg na Durban. Gerda Steyn is een van die gunstelinge om te wen en sy staan ook ʼn kans om Frith van der Merwe se ou rekord wat in 1988 opgestel is, te verbeter. Steyn is reeds die houer van die op-rekord en nou mik sy na die algehele rekord vir vroue van vyf uur-54 minute-43 sekondes.