Padfietskampioenskap kroon nuwe kampioene

Die 2024 Nedbank nasionale padfietskampioenskap is die naweek op die nuwe A1/B9-hoofweg suid van Windhoek gehou. Die 23-jarige Alex Miller het die Namibiese elite padfietskampioenskap gewen, net ‘n kortkop voor Martin Freyer en Drikus Coetzee. In die vroue-afdeling het Vera Looser geseëvier nadat sy met Melissa Hinz en Anri Greeff afgreken het. Looser staan ‘n kans om vir die Olimpiese Spele in Parys gekies te word.