Pad tussen Aussenkehr en Rosh Pinah heropen

Die Padowerheid het aangekondig dat distriksweg 212 tussen Aussenkehr en Rosh Pinah nou weer oop is vir alle verkeer. Dit volg nadat die pad in middel Februarie ’n gesluit is weens oorstromings in die Oranjerivier ná Suid-Afrika se bogemiddelde reënval. Die pad is heropen, maar die owerheid maan steeds padgebruikers om versigtig te bestuur. Daar moet steeds by die waarskuwingstekens gehou, aangesien herstelwerk steeds aan sekere dele van die pad voortduur.