Pad na Gam-nedersetting word opgradeer

Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, James Uerikua, het gesê die grondpad na Gam-nederstting gaan opgegradeer word. Die pad sal deur die Paaie-owerheid opgradeer word en sal na verwagting werksgeleenthede vir plaaslike mense skep. Tsumkwe-kiesafdeling se raadslid, Johannes Hausiku, was ook tydens die seremonie teenwoordig en na verwagting sal die pad binne vyf maande voltooi wees. Uerikua gesels met Kosmos 94.1 Nuus.