Pablo se seekoeie maak moles

Colombië het planne aangekondig om van die 166 seekoeie uit te dun wat afstam van ‘n klein troppie wat die ontslape dwelmbaas Pablo Escobar in die 1980s ingevoer het. Die minister van Omgewingsake, Susana Muhamad, sê daar was mislukte pogings om die bevolking te beheer, en kenners waarsku hulle onbeheerde aanteling hou ‘n bedreiging in vir mens en natuurlewe. Vissersgemeenskappe langs die Magdalena-rivier het al met die gevaarlike diere te doen gekry. Colombië het die seekoeie verlede jaar tot indringerspesie verklaar. Daar word oorweeg om die diere te steriliseer of vankant te maak.