Paartjie se tuinornament blyk ‘n onontplofde bom te wees

‘n Egpaar het onbewustelik vir meer as vier dekades met ‘n onontplofde bom in hul tuin gewoon omdat hulle aangeneem het dit was ‘n tuinornament.

Jeffrey en Sian Edwards het die 64-pond vlootbom rooi geverf om by die vensterbanke by hul huis in Milford Haven, Pembrokeshire te pas, en mev. Edwards sou dit selfs met haar troffel slaan om los grond uit die tuin te verwyder.

Hulle het egter geen idee gehad hoe gevaarlik die voorwerp kon wees nie totdat ’n polisiebeampte aan hul deur geklop het.

Kenners het die 19de-eeuse bom uitgegrawe, dit na ‘n steengroef in Pembrokeshire geneem, dit in sand begrawe en dit laat ontplof.

Foto: Telegraph