Pa vermoor glo sy dogter terwyl sy slaap

’n Pa het na bewering sy 17-jarige dogter vanoggend omstreeks agt-uur in die Sapirama-nedersetting in die Kavango-Wes-streek vermoor. Volgens die Namibiese polisie het die 55-jarige man sy dogter twee keer met ‘n mes in haar borskas gesteek terwyl sy geslaap het. Sy is op die toneel dood en haar pa het die saak daarna by die polisie aangemeld het. Hy is in hegtenis geneem en die oorsaak van die voorval word ondersoek. Die oorledene is geïdentifiseer as Maria Isoni Simbungu en haar liggaam is na die lykshuis geneem vir ‘n nadoodse ondersoek.