Kassier van Oniipa-dorspraad gaps glo N$600 000

‘n Kassier in diens van die Oniipa-dorpsraad in die Oshikoto-streek is in hegtenis geneem nadat hy na bewering meer as 600 000 Namibiese dollar uit die raad se geldkoffers gesteel het. Sy beweerde bedrog is ontdek na hy glo ‘n dringende vergadering belê het om sy kollegas om verskoning te vra vir die misbruik van die raad se geld. Die polisie is toe ingelig en het hom kom gearresteer. Hy word in die Onayena-polisiestasie se aanhoudingselle aangehou terwyl die polisie-ondersoek na die saak voortduur.