Pa verkrag blykbaar sy dogter vir 2 jaar, sy’s 17 en swanger

Klagtes van verkragting en bloedskande is teen ‘n 40-jarige Namibiese man op Tsintsabis gelê nadat hy na bewering sy 17-jarige biologiese dogter herhaaldelik tussen 2020 en 2022 verkrag het. Nadat sy swanger geraak het, het hy blykbaar vir haar opdrag gegee om ‘n kêrel te soek en hom as pa identifiseer. Hy het haar ook blykbaar met die dood gedreig sou sy iemand van die verkragting inlig. Die polisie se ondersoek duur voort.