Owerheid vir deposito-waarborge dien derde jaarverslag in

Die Namibiese Deposito-waarborgowerheid word deur die strukture van die Bank van Namibië geoperasionaliseer. Die owerheid het vandag sy derde jaarverslag vrygestel. Die verslag bied onder andere, die owerheid se onafhanklik geouditeerde finansiële jaarstate vir die boekjaar geëindig 31 Desember 2022 aan. Ebson Uanguta, die voorsitter van die owerheid se raad en adjunk-goewerneur by die sentrale bank sê die beskerming wat die owerheid bied is krities, veral vir kleiner deposito’s.