Jeug moet voorleggings by VN indien… hoor hier!

Die Verenigde Nasies doen ‘n beroep op die jeug om hul voorleggings vir vanjaar se Plural+ Jeugvideo-fees voor 30 Junie in te skryf. Die voorleggings sal deur ‘n internasionale jurie van bekende kundiges en media-persoonlikhede beoordeel word. Drie spesiale erkennings sal vanjaar toegeken word vir die bestryding van xenofobie en diskriminasie, sport vir een mensdom, en migrante se bydraes tot samelewings. Die Verenigde Nasies hoop om oorspronklike en kreatiewe video’s van onder vyf minute van die jeug regoor die wêreld te ontvang wat dié kwessies aanspreek. Carlos Fernandez, strategiese beplanner van die VN in Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…