Owerhede sat vir boorgat-diefstal
Die hoof van landelike watervoorsiening in die Oshikoto-streek, Stevenson Tuukondjele, het ‘n beroep op gemeenskappe gedoen om op te hou om boorgattoerusting te steel. Daar is vier sake van diefstal in twee kiesafdelings aangemeld en niemand is in hegtenis geneem nie. Tuukondjele sê gemeenskappe moet owerhede bystaan omdat hulle direk deur wateronderbrekings geraak word. Hy voeg by diegene wat die misdaad pleeg is goed vertroud met boorgate en hulle installasie. Minister Calle Schlettwein het herhaaldelik melding gemaak van die misdaad wat die ministerie miljoene jaarliks kos.