Owerhede in Nigerië kry N$500m terug in bedrogspul

Nigeriese ondersoekers het meer as 500 miljoen Namibiese dollar teruggekry in ‘n korrupsie-ondersoek waarby ‘n geskorste regeringsminister en ander amptenare betrokke was. President Bola Ahmed Tinubu het die minister van Humanitêre Sake en Armoedeverligting, Betta Edu, in Januarie geskors ná bewerings oor openbare fondse wat na privaat bankrekenings herlei is. Tinubu het ook die hoof van die ministerie se Maatskaplike Beleggingsfondsagentskap, Halima Shehu, geskors oor beweerde korrupsie vir persoonlike gewin. Sy is gearresteer en op borg vrygelaat. Die voormalige minister van Armoede, Sadiya Umar-Farouq, is glo ook vir ondervraging ingeneem.