Owerhede hou oë op situasie in Noordwes na Ramaphosa weggejaag is
Die Gesamentlike Operasionele en Intelligensie-struktuur in Noordwes is steeds op ‘n hoë gereedheidsgrondslag na die ontwrigting gister tydens die Werkersdag-saamtrek by die Royal Bafokeng-sportstadion. Die ontwrigting het gelei tot die kansellering van die byeenkoms nadat President Cyril Ramaphosa weggejaag is deur ontevrede mynwerkers. ‘n Polisie-woordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê die situasie is tans bestendig en daar is nie enige berigte van beserings, lewensverlies of skade aan eiendom nie: