Aktivis reageer op NDF se 50/50

Reaksie word ontvang op die aankondiging van die hoof van die geslags-afdeling in die Namibiese verdedigingsministerie, Agatha Amathila, wat sê die ministerie het ‘n stap verder gegaan met die ontwikkeling van die geslags-aksieplan en die inklusiwiteit daarvan in die beleid. Dit is volgens Amathila moontlik gemaak deur die pas-afgelope slypskool vir geslagsbeleid vir die ministerie wat op Swakopmund plaasgevind het. Dit het ten doel om riglyne te gee wat die aanvaarding van strategieë sal help om vroue in die weermag te bemagtig. Geslagsaktivis, Rosa Namises, is verheug hieroor …