Owen Farrell vat blaaskans

Engeland se kaptein, Owen Farrell, het besluit om ʼn blaaskans te vat van internasionale rugby en te konsentreer op sy eie en sy gesin se geestelike welstand. Dit beteken hy is nie beskikbaar vir volgende jaar se Sesnasies-reeks nie. Die 32-jarige speler sal egter steeds as kaptein uitdraf vir sy klub, die Saracens. Owen het in 112 toetse vir Engeland gespeel en onlangs sy span aangevoer tot ʼn derde plek in die Wêreldbeker in Frankryk. Engeland se afrigter, Steve Borthwick, sê almal ondersteun Owen se besluit.