OVK versoek Konstitusionele Hof vir toesighoudende bevel van ses maande

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het die Konstitusionele Hof gevra om hom ‘n toesighoudende bevel van ses maande toe te staan en hom toe te laat om die hof maandeliks in te lig oor sy gereedheid vir die plaaslike regeringsverkiesing. Die hof het die OVK se aansoek aangehoor om die verkiesing uit te stel. Oud-adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke het vroeër bevind dit sal weens Covid-19 nie vanjaar moontlik wees om ‘n vrye en regverdige verkiesing te hou nie. Advokaat Steven Budlender sê die hof sal onmiddellik ingelig word as die OVK probleme ondervind.