Oval by Tony Rust was reuse-sukses

Die Shell V-Power International Oval Challenge 2023 wat deur die Redline-motorklub op die Tony Rust-renbaan aangebied is, word as ‘n reuse-sukses beskryf. Behalwe die Namibiërs wat sake in die derde ronde van die nasionale ovaalbaan-kampioenskap uitgespook het, was ovaalbaan-monsters uit Suid-Afrika ook in aksie. Een van die deelnemers was Willie Zurich, ‘n 71-jarige Namibiese man wat in Suid-Afrika woon. Hy sê hy sal altyd terugkom om by die huis te jaag. Hy het met Francois Lottering van Kosmos 94.1 Sportnuus gesels…