Beurtkrag sal oor die volgende dae net in die nag toegepas word

Eskom sê danksy ‘n voortgesette verbetering in opwekkingskapasiteit, sal beurtkrag vir die volgende paar dae slegs in die aand toegepas word. Beurtkrag sal vandag, môre en Woensdag tussen middernag en vier die middag opgeskort word. Tydens die aandspitstydperke oor die volgende drie dae sal fase drie-beurtkrag vanaf vier-uur in die middag tot middernag ingestel word. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die opskorting van beurtkrag is danksy die feit dat drie eenhede wat voorheen stukkend was, nou weer in werking gestel is: