Outjo-vroue oorhandig petisie aan stasiebevelvoerder ná wrede moord op vrou 

‘n Groep vroue het vandag op Outjo ‘n protesoptog gehou ná die wreedaardige moord van die 30-jarige Duffie Hanes wie se kêrel en vermeende moordenaar haar  lewelose liggaam  met ‘n kruiwa na haar ma se huis aangery het. Die groep eis dat Hanes se vermeende moordenaar, die 42-jarige Piet Khamuseb, nie borgtog moet kry nie. Die groep het ‘n petisie aan die stasiebevelvoerder van Outjo-polisie Gideon Tjeja oorhandig. Hulle eis ook van die polisie dat hulle meer teenwoordig in die informele nedersettings van Outjo moet wees waar misdaad styg.