Outeur van forensiese verslag vir Zuma se komende korrupsieverhoor sterf

Johan van der Walt, hoofouditeur en skrywer van die forensiese verslag wat die basis
vorm vir oudpresident Jacob Zuma se komende korrupsieverhoor is oorlede.
Dit is nog nie duidelik wat Van der Walt se dood veroorsaak het nie, maar bronne na
aan sy familie het gesê dat hy aan natuurlike oorsake gesterf het. Van der Walt het
volgens berigte ‘n lang geskiedenis as vennoot by KPMG gehad, voordat hy in 2017 by
die FTI aangesluit het.