Outapi trek voordeel uit 21 Maart-herdenking

Namibië se 33ste Onafhanklikheidsdag word amptelik môre by die Olufuko-sentrum op Outapi herdenk. Plaaslike media berig dat die 15 gastehuise op Outapi reeds verlede week vol bespreek was. Besighede is verheug oor die vieringe omdat dit broodnodige besteding in die plaaslike ekonomie bewerkstellig. Talle van die akkommodasie-instansies sê dat terwyl besoeker-getalle sedert Covid opgetel het, was dit nog nie so besig nie. Organiseerders sê ook alles loop vlot in aanloop tot môre se herdenking.