Outapi slaan munt uit onafhanklikheid

Na die chaos van die Onafhanklikheidsvieringe, kom daar die goeie nuus dat die Omusati-streek ‘n goeie ekonomiese inspuiting tydens die herdenking op Outapi gehad. Meer as die verwagte aantal besoekers het vir die vieringe opgedaag en gasvryheidsondernemings was vol bespreek. Die goewerneur van die streek, Erginus Endjala het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê besighede het bo verwagting goed gedoen.