Borgaansoek vir Amushelelo-hulle vandag

Kadhila Amoomo, prokureur vir die omstrede arbeidsaktivis, Michael Amushelelo, het bevestig dat daar vanoggend ‘n formele borgaansoek in die laerhof in Katutura gebring sal word. Dit volg na Amushelelo, saam met sy mede-NEFF-lid Dimbulukeni Nauyoma en parlementslid vir die PDM, Inna Hengari se saak Donderdag tot volgende week Woensdag uitgestel is en borg geweier is. Milton Engelbrecht verteenwoordig Hengari en Messe Tjituri, Nauyoma. Amoomo het sy kommer uitgespreek oor wat hy as polisie-brutaliteit beskryf. Volgens beeldmateriaal was die groep protesgangers Dinsdag besig om te reël om vandag bymekaar te kom om weer te probeer om die protes teen werkloosheid te hou, toe die polisie daar opdaag. Amoomo sê daar was tussen 2011 en 2021, 200 sake wat verband hou met polisie-brutaliteit waarvan 37 gelei het tot uitbetalings van 2,8 miljoen Namibiese dollar. Hy vra hoekom is die polisie in ‘n oorlog met sy eie mense gewikkel.