Outa waarsku weer oor wetsontwerp oor verkiesings

Die Suid-Afrikaanse Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, is bekommerd dat die parlement op die punt staan om wat hy sien as ‘n gebrekkige Verkiesings-wysigingswetsontwerp aan te neem. Die Nasionale Vergadering het die wetsontwerp verlede maand goedgekeur en dis nou by die Nasionale Raad van Provinsies vir goedkeuring. In sy huidige vorm maak die wetsontwerp voorsiening vir die deelname van onafhanklike kandidate, maar behou die proporsionele verkiesingstelsel. ‘n Woordvoerder van Outa, Rachel Fischer, sê al word hierdie wetsontwerp aangeneem, behoort dit nie die einde van die proses van verkiesingshervorming te wees nie: