OUTA verwelkom Zuma se vonnis

Die Suid-Afrikaanse burgerregte-organisaise, die Organisation Undoing Tax Abuse, oftewel OUTA, het die uitspraak teen oudpresident Jacob Zuma verwelkom. Hy is tot 15 maande tronkstraf gevonnis weens minagting van die hof. Die organisasie het die Konstitusionele Hof geprys weens die verdediging van die howe en die regsorde. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê die beslissing is ‘n bewys dat selfs mense in die openbare amp aan die Grondwet onderhewig is.