Storms duur voor in Kaapstad

Die winterstormtoestande duur in Kaapstad voort met baie nat en koue weer wat die hele week tot Sondag voorspel word. Die aanhoudende reënval het oorstromings in laagliggende gebiede in die stad veroorsaak. Daar kan verwag word dat dit oor die volgende paar dae sal vererger namate reën sal voortduur. In die sentrale en oostelike dele van die stad is meer as 2 500 strukture oorstroom – insluitend strukture wat onwettig in vleilande opgerig is. In die noordelike dele van die stad is volgens James Brent-Styan 3 250 strukture oorstroom en na raming 6 300 mense geraak.