Outa sê dis nie sinvol om bestuursentrums by skole in te stel

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, sê die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, se sienswyse om leerling- en bestuurslisensie-sentrums by skole in te stel, moet met omsigtigheid oorweeg word. Outa se regshoof, Stefanie Fick, sê in die instel van sentrums by skole is nie ideaal nie. Fick sê die regering moet eerder oorweeg om daardie geld te gebruik om te verseker daar word voldoen aan basiese onderwysbehoeftes.