Outa sal staatsrede boikot

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê hy verkies om vanjaar president Cyril Ramaphosa se staatsrede te boikot. Dit is uit verset teen wat hy sien as politieke arrogansie en leë retoriek tydens die toespraak. Outa het mede-Suid-Afrikaners aangemoedig om deel te neem aan die optrede. Uitvoerende hoof Wayne Duvenage verwag die staatsrede gaan voorkeur gee aan ‘n politieke skouspel bo aandag aan uiters noodsaaklike nasionale kwessies: