Outa: SABC se TV-lisensies vir rekenaar-monitors is absurd  

Die uitvoerende hoof van die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, Wayne Duvenage, sê die SABC se byvoeging van rekenaar-monitors vir die betaling van TV-lisensiegeld is opportunisties. Duvenage sê dit is ‘n verkeerde besluit in die SABC se soeke na TV-lisensie-inkomste. Die SABC eis dat Suid-Afrikaners TV-lisensiegeld vir rekenaar-monitors betaal. Die kennisgewing meld, die definisie van ‘n TV-stel sluit ‘n TV-monitor in wat ‘n uitsaai-sein kan ontvang wanneer dit aan enige televisie gekoppel is. Duvenage sê dié stap sal hewig betwis word in die hof.