Marseilles sal Olimpiese vlam verwelkom  

Olimpiese Spele: Marseilles in Frankryk is die eerste stad waar die Olimpiese vlam op Franse bodem verwelkom sal word, wanneer die fakkel-aflos vir die Olimpiese Spele in April aanstaande jaar in die suidelike hawestad aankom. Die organiseerders sê die vlam sal op ʼn driemas-skip uit die spirituele tuiste van die Olimpiese Spele, Griekeland, in Marseilles aankom. So sal die Spele vir aanstaande jaar begin. Die opening-seremonie sal op die Seine in Parys gehou word. Die Parys Olimpiese Spele vind aanstaande jaar van 26 Julie tot 11 Augustus plaas.