Outa eis steeds dat Mantashe moet waai

Die buurland se organisasie teen belastingmisbruik, Outa, doen weer ‘n beroep dat die minister van energie, Gwede Mantashe, uit sy pos verwyder word en sê hy slaag nie daarin om sy werk te doen nie. Outa se woordvoerder, Brendan Slade, sê die land het ‘n minister nodig wat bevoeg en bereid is om ‘n indrukwekkende energieplan in te stel en die 2019 geïntegreerde hulpbronprogram by te werk. Hy sê Mantashe moes baie aspekte van die energiemaatreëls wat President Cyril Ramaphosa Maandag aangekondig het, reeds jare gelede ingestel het: