Ouers skarrel nog om skooluniforms en -benodighede te koop

Namibiese staatskole begin Woensdag en sommige ouers skarrel nog om skooluniforms en skryfbehoeftes betyds te koop. Terwyl sommige leerders ná hul vakansie nog op pad is na Windhoek en ander woonplekke landwyd, is hul ouers of voogde nog besig in winkels rond te hardloop. Winkels wat skooluniforms en en skoolbenodighede verkoop, is druk besig. PEP Namibia se besturende direkteur, Jakkie Coetzee, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.