Ouer mense: Min regtebeskerming, baie armoede

Statistieke deur die Namibië Statistieke-agentskap dui aan dat 44,5 persent van ouer persone multi-dimensionele armoede ervaar, maar die Namibiese Beskermingsbeleid maak voorsiening vir maatskaplike beskermingsmaatreëls om armoede onder bejaardes aan te spreek. Petronella Masabane, adjunk-uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie vra dat ouer persone se regte te alle tye beskerm word. Sy was die gasspreker by die Nasionale Konsultasie oor die Nasionale Beleid oor die Regte, Beskerming en Versorging van Ouer Persone in Namibië wat in Swakopmund plaasgevind het. Masabane sê daar is ‘n behoefte aan belanghebbendes om te verseker dat ouer persone voortgaan om voordeel te trek uit die samelewing ongeag hul bydrae daartoe.