Ouditeursmaatskappy reageer op Namibiese begrotingsrede

Reaksie is ontvang oor die Namibiese begrotingsrede van finansminister Ipumbu Shiimi. Die begrotingsrede se tema was ‘Reimaging, a Better Future for the Youth’. Shiimi sê hy het die jeug gekonsulteer, asook die sake-gemeenskap, georganiseerde arbeidsverteenwoordigers, professionele organisasies, verskeie politieke partye, die burgerlike samelewing, streeksowerhede en verskeie ministeries. Hy sê die land se jong bevolking kan die land se ekonomie op ‘n mededingende en volhoubare groei-pad sit. Anneri Lück, PricewaterhouseCoopers se belastingdirekteur, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die hoogtepunte van die begroting.

Sy sê die aankondiging oor belasting word verwelkom.

Lück sluit af met die vooruitsig rakende inkomste en die begrotingstekort.