Ouditeur-generaal gaan seker maak rampfondse word nie vermors

Die ouditeur-generaal in die buurland Tsakani Maluleke sê haar kantoor sal betyds verslag doen oor die manier waarop verligtingsfondse vir vloedslagoffers in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap bestee is. President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep gedoen dat voldoende rekenskap van die hulpfondse gegee word en dat die staat en sy mense waarde vir geld sal kry. Maluleke sê ouditeurs sal ook ‘n oog hou oor uitgawes wat verband hou met nedersettings en infrastruktuur, veral ten opsigte van tydelike wooneenhede, verkryging van watertenke, kospakkies en begrafnis-uitgawes.