Oud-vroueregter van Aghanistan sê vroue het geen hoop daar nie

‘n Voormalige regter in die familiehof in Afghanistan Marzia Babakarkhail, sê daar is geen hoop vir vroue in die land so lank soos wat die Taliban in beheer is nie. Die regering maak nou reeds ‘n geruime tyd beloftes oor hoërskool onderwys vir meisies maar, voer niks deur nie. Babakarkhail sê alle vryhede is van vroue ontneem.