Oud president Zuma môre weer terug in die hof

Oud president Jacob Zuma van Suid-Afrika en die Franse wapenmaatskappy Thales moet môre weer in die hof verskyn in die korrupsiesaak teen hulle. Volgens berigte uit die buurland sal die saak waarskynlik weer uitgestel word as Zuma sonder ‘n regspan by die hof opdaag. Sy regspan het reeds vroeër bekendgemaak dat hulle nie verder Zuma se saak in die hof sal behartig nie.