Oud-onderwysminister gee sy redes vir swak slaagsyfer

‘n Namibiese veteraan politikus het sy reaksie gegee op die minister van finansies Ipumbu Shiimi wat sê Namibië kry nie voldoende opbrengs op sy belegging van amper 53 persent van die begroting in maatskaplike dienste nie. Die land bestee meer op sy onderwys as Denemarke of Noorweë en val onder die wêreld se top-tien beleggers in onderwys. en tog is die slaagsyfer uiters swak. Die voormalige minister van onderwys, Nahas Angula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sy ervaring gedeel wat daartoe gelei het dat die onderwyssektor nie presteer nie.

Angula het ook ‘n paar voorbeelde gedeel van wat hy gedoen het toe hy minister was om die ministerie se prestasies te evalueer…