Windhoek begin water uit boorgate gebruik

Stad van Windhoek sê hy het begin om die hoofstad se drinkwater van hul nood-boorgatskema te gebruik. Dit volg nadat die raad besluit het om waterbeperkings te implementeer as deel van ‘n droogte-reaksieplan. Inwoners word gemaan dat daar ‘n verandering in die smaak, kleur en reuk van drinkwater kan voorkom. Inwoners word egter verseker dat die drinkwater geskik is vir menslike gebruik. Sekere woonbuurte sal net boorgatwater ontvang, terwyl ander ‘n mengsel van boorgatwater, water van NamWater en herwinde water sal ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met die stad se woordvoerder Celie Kapolo gepraat oor watter woonbuurte geraak sal word.