Oud-ombudsman gee sy reaksie oor strydkinders wat weer werk eis

Die president van Namibian Exile Kids Association, Rauna Amutati, het gesê dit is moeilik vir die strydkinders om werk te kry nadat die hoërhof ‘n kabinetsbesluit in 2021 tersyde gestel het wat aan hulle werk gegee het, sonder om aan die normale werwingsproses onderwerp te word. Amutati het dit gesê nadat ‘n groep van byna 30 strydkinders in die Kavango-Oos-streek verlede week by die Swapo-streekskantoor begin kamp het en werk in staatsdepartemente geëis het. Voormalige ombudsman, adv. John Walters het in reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy het die saak na die hoërhof geneem, omdat hy voel dit is onregverdig dat een groep spesiaal behandel word teenoor die res van die werklose Namibiërs.