Oud-dwelmbaas oor toenemende kokaïenhandel in die streek

Suider-Afrika, ‘n hoofsaaklik dagga-verbruikende streek, begin ‘n beduidende rol in kokaïenhandel speel. Global Initiative sê in sy jongste verslag die streek is ‘n goed gevestigde transito- en bestemmingsentrum vir dwelms, wat met 1,54 punte op die indeks toegeneem tot ‘n telling van 4,04 in 2023. Die groeiende netwerke in Suider-Afrika begin ‘n belangrike rol speel in die transnasionale handel van veral kokaïen, wat hoofsaaklik deur maritieme roetes vervoer word, insluitend die Mosambiekse kanaal en hawens in Suid-Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het by die voormalige hoof van Nampol se dwelmeenheid, Hermie van Zyl, gaan uitvind of dwelms ook uit Namibië na ander lande verskeep word.